RÛENS KOLLEGE GRAAD 6 FONDSINSAMELING 2024

RÛENS KOLLEGE GRAAD 6 FONDSINSAMELING 2024

Presented by: Rûens Kollege

Contact No: 0284521626

Email: [email protected]

Start: 2024-08-29 06:00

End: 2024-08-31 12:00

Tax Rate on Fees: ,00%

Currency: ZAR

Rûens Kollege se eerste Vliegduif Wedvlug vind op Saterdag, 31 Augustus 2024 plaas. Dit is ʼn inisiatief van ons graad 6-leerders om fondse te genereer vir funksies wat hulle moet aanbied.

Dertig geregistreerde duiwe gaan vanaf Donderdag, 29 Augustus opgeveil word. Die duiwe vlieg Saterdag vanaf Beaufort-Wes na hul hokke in die Overberg. Die vlug is ongeveer 325km lank. Sodra al die duiwe tuis is, word elke duiweboer se klok na Bredasdorp posduifklub geneem en elektronies deur ‘n rekenaarprogram ingelees. Op hierdie manier word elke duif se prestasie in meters per minuut uitgewerk om sodoende die wenner op ‘n regverdige manier te bepaal.

As die bod Saterdagaand op jou toegeslaan word, en jou duif was onder die top drie, is een van die onderstaande pryse joune:

1ste Prys:    Twee verwerkte springbokke

2de Prys:     ʼn Heerlike Rûens slaglam

3de Prys:     Boks 5-jaar KWV brandewyn

Ons sien uit na u ondersteuning.

Document Type Document Name Description Download Document
R 22,3K

Auction Value

30

Total Lots

30

Lots Sold

388

Bids