Hoërskool Jan van Riebeeck Aanlyn Veiling 2021

Hoërskool Jan van Riebeeck Aanlyn Veiling 2021

Presented by: Hoërskool Jan Van Riebeeck

Contact No:

Email: [email protected]

Start: 2021-11-03 06:00

End: 2021-11-04 17:30

Tax Rate on Fees: ,00%

Currency: ZAR

Catalogue

Welkom by Hoërskool Jan van Riebeeck se eerste aanlyn veiling 2021

Alle items is op die platform, BIDPRO, beskikbaar vanaf 08:00, 3 November 2021 tot 21:30, 4 November 2021

Veiling begin

08:00 op 3 November 2021

Veiling eindig

21:30 op 4 November 2021 of sodra die laaste bod aanlyn toegeslaan is.

Kontakbesonderhede en kontaknommers vir veiling-items en betalings

Karien Zulch, 083 445 0980 / 021 423 6347 [email protected]

Nicky Hattingh, 021 423 6347 [email protected]

Meer oor ons skool en die veiling:

Hoërskool Jan van Riebeeck het sy ontstaan in 1926 vanweë ʼn behoefte om ʼn Afrikaansmediumskool in die stad Kaapstad vir moedertaalonderrig te stig. Vandag is ons die enigste Afrikaansmedium-hoërskool in die moederstad.

In 2021, vyf-en-negentig jaar later, wil ons wéér die belangrikheid en ononderhandelbaarheid van onderrig in ons moedertaal beklemtoon.

In Maart 2021 is ʼn nuwe skoolhoof, mnr. Pieter Rademeyer, aangestel. Mnr. Rademeyer is ʼn Afrikaansonderwyser in murg en been en het die ambisie om Hoërskool Jan van Riebeeck as dié vooraanstaande gemengde Afrikaanse hoërskool in Suid-Afrika te posisioneer.

Om ons skool suksesvol en in ʼn gesonder finansiële posisie te plaas, word verskeie pogings geloods om meer betalende leerders vir beide ons skool en koshuis te werf. Die doel is om ons finansieel op gelyke speelvlak te plaas met skole waarmee ons kompeteer. Asook om leerders met potensiaal wat dit finansieel nie kan bybring nie, te ondersteun.

Mnr. Rademeyer is aangestel om Hoërskool Jan van Riebeeck na nuwe hoogtes te voer. Een van die mikpunte is om die huidige skoolgebou in so ʼn mate uit te bou om eindelik 700-plus leerders te kan akkommodeer. Die akademiese program en aanbieding word indringend hersien, hoewel ons reeds bekendstaan vir ons hoë akademiese standaarde en prestasies op nasionale vlak, veral in Wiskunde en Afrikaans. Hierdie jaar het reeds verskeie hoogtepunte vir die skool opgelewer.

Ons vertrou daarom dat die aanlyn veiling met érns oorweeg sal word.

Ons opregte dank vir jou gunstige deelname!

Belangrike inligting oor die veiling:

• ’n Faktuur met die betalingsinstruksies sal uitgereik word in die week nadat die aanlyn veiling gesluit het. Hou asseblief jou e-posse vir kommunikasie in hierdie verband dop.

• Fakture is onmiddellik betaalbaar. Geen items sal oorhanding word alvorens ons die bewys van betaling ontvang het en die fondse in ons bankrekening reflekteer nie.

• Indien ons na vele pogings nie die wenner van ’n item in die hande kan kry nie en indien betaling nie ontvang word nie, sal die tweede persoon op die koperlys oorweeg word as suksesvolle koper en dienooreenkomstig gekontak word.

• Kunswerke, wyn, wetenskapwasbakke en laboratoriumglasware moet tussen 8 en 12 November 2021 by Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolgronde afgehaal word.

• Alle ander reëlings in sake die lotte sal aan die suksesvolle koper per e-pos gekommunikeer word.

• Enige versoeke om items buite die Kaapstad-area af te lewer kan gereël word, mits die koper die onkostes hiervan dra.

• Alle verblyf en ondervindings is geldig vir 12 maande (behalwe indien anders aangedui by die lot-beskrywing) nadat die aanlyn veiling eindig en is onderhewig aan beskikbaarheid soos aangebied deur die borge. Alle ondervindings verval dus op 30 November 2022.

Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Geniet die aanlyn veiling en ons hoop jy is suksesvol!

Document Type Document Name Description Download Document
Additional Document 2021_11_02_Aanlyn veiling 2021 (4).pdf
R 531,5K

Auction Value

50

Total Lots

50

Lots Sold

737

Bids