Jan van Riebeek Hoërskool Aanlyn Veiling 2022

Jan van Riebeek Hoërskool Aanlyn Veiling 2022

Presented by: Hoërskool Jan Van Riebeeck

Contact No:

Email: [email protected]

Location: Capetown

Start: 2022-08-23 10:00

End: 2022-08-26 18:00

Tax Rate on Fees: ,00%

Currency: ZAR

Welkom by Hoërskool Jan van Riebeeck 

se aanlyn veiling 2022.

Alle items is op die aanlyn platform, BIDPRO, beskikbaar vanaf ​12:00, 23 Augustus 2022 tot 21:30 op 26 Augustus 2022.

 

Registreer nou by www.bidpro.co.za

 

Veiling begin

12:00 op 23 Augustus 2022

 

Veiling eindig

21:30 op 26 Augustus 2022 of sodra die laaste bod aanlyn toegeslaan is.

 

Kontakbesonderhede vir veilingitems: [email protected]

Navrae rondom betalings: Nicky Hattingh: [email protected] of 021 423 6347

 

Meer oor ons skool en die veiling:

 

Hoërskool Jan van Riebeeck het sy ontstaan in 1926 vanweë ʼn behoefte om ʼn Afrikaansmediumskool in die stad Kaapstad vir moedertaalonderrig te stig. Vandag is ons die enigste Afrikaansmedium-hoërskool in die moederstad.

 

In 2022, ses-en-negentig jaar later, wil ons wéér die belangrikheid en ononderhandelbaarheid van onderrig in ons moedertaal beklemtoon.

 

In Maart 2021 is ʼn nuwe skoolhoof, mnr. Pieter Rademeyer, aangestel. Mnr. Rademeyer is ʼn Afrikaansonderwyser in murg en been en het die ambisie om Hoërskool Jan van Riebeeck as dié vooraanstaande gemengde Afrikaanse hoërskool in Suid-Afrika te posisioneer.

 

Om ons skool suksesvol en in ʼn gesonder finansiële posisie te plaas, word verskeie pogings geloods om meer betalende leerders vir beide ons skool en koshuis te werf. Die doel is om ons finansieel op gelyke speelvlak te plaas met skole waarmee ons kompeteer; asook om leerders met potensiaal wat dit finansieel nie kan bybring nie, te ondersteun.

 

Mnr. Rademeyer is aangestel om Hoërskool Jan van Riebeeck na nuwe hoogtes te voer. Een van die mikpunte is om die huidige skoolgebou in so ʼn mate uit te bou om eindelik 600-plus leerders te kan akkommodeer.

Die akademiese en verrykingprogram en aanbieding word indringend hersien, hoewel ons reeds bekendstaan vir ons hoë akademiese standaarde en prestasies op nasionale vlak, veral in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Afrikaans. Hierdie afgelope jaar het reeds verskeie hoogtepunte vir die skool opgelewer.

 

Ons vertrou daarom dat die aanlyn veiling met érns oorweeg sal word. Ons opregte dank vir jou gunstige deelname!

  

Belangrike inligting oor die veiling:

 

• ’n Faktuur met die betalingsinstruksies sal uitgereik word in die week nadat die aanlyn veiling gesluit het. Hou asseblief jou e-posse vir kommunikasie in hierdie verband dop.

• Fakture is onmiddellik betaalbaar. Geen items sal oorhanding word alvorens ons die bewys van betaling ontvang het en die fondse in ons bankrekening reflekteer nie.

• Indien ons na vele pogings nie die wenner van ’n item in die hande kan kry nie en indien betaling nie ontvang word nie, sal die tweede persoon op die koperlys oorweeg word as suksesvolle koper en dienooreenkomstig gekontak word.

• Kunswerke, wyn, geskenkpakke en boeke kan vanaf Dinsdag, 30 Augustus tot Vrydag, 2 September, by Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolgronde afgehaal word.

• Alle ander reëlings in sake die lotte sal aan die suksesvolle koper per e-pos gekommunikeer word.

• Enige versoeke om items buite die Kaapstad-area af te lewer kan gereël word, mits die koper die onkostes hiervan dra.

• Alle verblyf en ondervindings is onderhewig aan beskikbaarheid en bepalings soos aangebied deur die borge.

 

Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Geniet die aanlyn veiling en ons hoop jy is suksesvol!

Document Type Document Name Description Download Document
R 590,6K

Auction Value

61

Total Lots

57

Lots Sold

766

Bids