SOLIDARITEIT HELPENDE HAND-AANLYN VEILING 2023

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND-AANLYN VEILING 2023

Presented by: Solidariteit Helpende Hand

Contact No: 0829231438

Email: [email protected]

Location: Somerset West

Start: 2023-09-14 10:00

End: 2023-09-29 10:00

Tax Rate on Fees: ,00%

Currency: ZAR

HELPENDE HAND

Die Wes-Kaapstreek van Solidariteit Helpende Hand is passievol oor opleiding en om kinders te help om verder te gaan studeer.  In 2023 is 80 studente met ‘n waarde van R2.4miljoen gehelp met studies.  Die rede vir hierdie aanlynveiling is om dit weer moontlik te maak dat hierdie kinders nog n jaar kan studeer.

Ons fokus is ons middelklas Suid-Afrikaner se kinders wat heelwaarskynlik nie op ander plekke gehelp word met studielenings nie.  Dis n rentevrye studielenings wat terugbetaal word sodra die studente begin werk.  Die terugbetalings maak weer moontlik dat ander kinders verder kan studeer.

Met jou ondersteuning tot hierdie veiling, help jy ons om hierdie drome waar te maak.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Indien jy 'n faktuur benodig, kan ons dit uitreik in die week nadat die aanlyn veiling gesluit het.
  • Hou asseblief jou e-pos dop vir kommunikasie oor die uitreik van fakture.
  • Aangekoopte lotte is onmiddellik betaalbaar. Ons sal geen items oorhandig of versend voordat ons die bewys van betaling ontvang het en die fondse in ons bankrekening reflekteer nie.
  • Indien ons die wenner van 'n item na verskeie pogings nie in die hande kan kry nie, sal ons die tweede persoon op die koperlys as suksesvolle koper kontak
  • Kunswerke, wyn en geskenkpakke kan van Dinsdag 26 September tot Vrydag 29 September 2023 by Helpende Hand se kantoor afgehaal word.
  • Adres: Kantoor 6, 1ste verdieping, Jakswa Gebou, Caledonstraat 16, Somerset-Wes
    Indien dit te ver is, kan ons alternatiewe reëlings tref. Ons kan reël dat items buite die Kaapstad-area afgelewer word mits die koper bereid is om die afleweringskoste te betaal.
  • Alle ander reëlings insake die lotte sal per e-pos aan die suksesvolle koper gekommunikeer word.
  • Alle verblyf en ervarings is onderhewig aan beskikbaarheid en bepalings soos aangebied deur die borge.
  • Alle ander pryse is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit deur die borge.

Baie dankie vir almal se ondersteuning. Geniet die aanlyn veiling. Ons hoop jy is suksesvol!


 

Document Type Document Name Description Download Document
Additional Document Katalogus Finaal.pdf
R 41,2K

Auction Value

47

Total Lots

35

Lots Sold

66

Bids